Rostock

Hansestad Rostock


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Mecklenburg-
Voorpommere
 Koördinate 54°05′N 12°8′O / 54.083°N 12.133°O / 54.083; 12.133
 Stigting Omtrent 1200
 Stadstatus 24 Junie 1218
 Oppervlak:  
 - Totaal 181,26 vk km
 Hoogte bo seevlak 13 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2017) 208 409[1]
 - Bevolkingsdigtheid 1 135,4/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde seeklimaat [2]
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,4 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 0,2 / 16,8 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslag 592 mm
 Burgemeester Claus Ruhe Madsen
 Amptelike Webwerf www.rostock.de

Die Hansestad Rostock (Duits: [ˈʁɔstɔk], ) is 'n Noord-Duitse hawestad aan die Oossee met 'n oppervlakte van 181,26 vierkante kilometer en 'n bevolking van 208 409 (soos op 31 Desember 2017). Die stad lê in die landsdeel Mecklenburg van die deelstaat Mecklenburg-Voorpommere, en die huidige stadsgebied strek oor 'n lengte van sowat 20 kilometer langs die rivierloop van die Warnow tot by die Oossee.

Die geskiedenis en argitektuur van Rostock is beïnvloed deur sy ligging aan die see, sy lidmaatskap in die Middeleeuse Hanse en die tipiese Hanseaties-Gotiese baksteenboukuns.

Rostock is die grootste stad en die kulturele en ekonomiese sentrum van Mecklenburg-Voorpommere en behoort vandag tot die belangrikste seehawens in die Oosseegebied. Die stad is tans ook een van die vernaamste plesierboothawens in Duitsland. Naas skeepsbou en seehandel steun die plaaslike ekonomie veral op die dienstesektor met toerisme en die Universiteit van Rostock as belangrike verskaffers van werksgeleenthede.

  1. (de) Statistisches Amt Mecklenburg-Vorpommern: Statistisches Amt M-V – Bevölkerungsstand der Kreise, Ämter und Gemeinden 2017. Schwerin 2017, bl. 4
  2. (de) www.klimadiagramme.de – Rostock

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search