Rudolf Nureyev

Rudolf Nureyev
Nureyev in 1973, deur Allan Warren.
Gebore
Rudolf Khametovich Nureyev

(1938-03-17)17 Maart 1938
Sterf6 Januarie 1993 (op 54)
Levallois-Perret, Frankryk
NasionaliteitSowjet-Russies; Oostenryks
Alma materMariinski-balletskool
BeroepDanser
Choreograaf
(1958–1992)
LewensmaatErik Bruhn (1961–1986)

Rudolf Khametovich Nureyev (Basjkiries en Tataars: Рудольф Хәмит улы Нуриев, Russies: Рудо́льф Хаме́тович Нуре́ев; Afrikaanse transkripsie: Roedolf Chametowitsj Noerejef; 17 Maart 1938 tot 6 Januarie 1993) was ’n Sowjet-balletdanser en -choreograaf. Hy was van 1983 tot 1989 direkteur van die Ballet de l'Opéra national de Paris en tot Oktober 1992 die hoofchoreograaf daarvan.

Hy het die Engelse bynaam "Lord of the Dance" gekry,[1][2] en is beskou as een van die balletwêreld se mees talentvolle dansers.[1][3][4][5]

Nureyev was ook ’n choreograaf van formaat. Hy het sy eie vertolkings van verskeie klassieke werke vervaardig,[6] onder meer Swanemeer, Giselle en La Bayadère.[7]

Die danser het sy loopbaan in die Mariinski-balletgeselskap in Sint Petersburg begin. Hy het in 1961 van die Sowjetunie na die Weste oorgeloop, ondanks pogings van die KGB om hom te keer.[8] Dit was die eerste keer dat ’n Sowjet-kunstenaar tydens die Koue Oorlog na die Weste oorgeloop het en dit het ’n internasionale opskudding veroorsaak. In 1982 het Nureyev Oostenrykse burgerskap aanvaar.

Hy het daarna in The Royal Ballet in Londen gedans en van 1983 tot 1989 was hy direkteur van die Paryse Operaballet.

  1. 1,0 1,1 Lord of the dance – Rudolf Nureyev at the National Film Theatre, London, 1-31 January 2003, deur John Percival, The Independent, 26 Desember 2002.
  2. A Couture Worthy Ode to la Mode of the Original Lord of the Dance: *RUDOLF NUREYEV A Life in Dance*, review, FashionTribes.com, 29 Augustus 2012.
  3. Rudolf Nureyev, Charismatic Dancer Who Gave Fire to Ballet's Image, Dies at 54, deur Jack Anderson, The Independent, 7 Januarie 1993.
  4. (fr) Rudolf Noureev exercising at the barre, 21 Desember 1970, site INA (4 min 13).
  5. Philippe Noisette, (fr) « Que reste-t-il de Noureev ? », Les Échos, 1 Maart 2013.
  6. Rudolf Nureyev's Choreographies, amptelike webtuiste, Rudolf Nureyev-stigting
  7. (fr) Benjamin Millepied, le pari de Stéphane Lissner, Paris Match, 26 Januarie 2013.
  8. Bridcut, John (17 September 2007). "The KGB's long war against Rudolf Nureyev" (in Engels). Londen: The Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2019. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search