Ruiter (skaak)

'n Ruiter van die standaard Staunton-ontwerp

Die ruiter ( ) is 'n stuk in die bordspel skaak wat 'n ridder voorstel. Dit word gewoonlik deur 'n perdekop voorgestel en staan dus dikwels informeel as 'n perd bekend. Ruiters behoort saam met lopers tot die ligte stukke wat buiten pionne die swakste skaakstukke is. Die ruiter besit wel die unieke eienskap dat dit oor ander stukke kan spring.

Elke speler begin die spel met twee ruiters wat in die ry naaste aan die speler begin, tussen die lopers en torings. In algebraïese notasie begin die wit ruiters op blokkies b1 en g1 terwyl die swart ruiters op b8 en g8 begin.

Die ruiter is een van die oudste skaakstukke waarvan die beweging nie verander het sedert die 7de eeu nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search