Rupert Sheldrake

Rupert Sheldrake
Rupert Sheldrake in 2008 in Tucson, Arizona
Gebore28 Junie 1942
BeroepBioloog, filosoof en skrywer
Bekend virVPRO-programma Een Schitterend Ongeluk

Rupert Sheldrake (28 Junie 1942) is 'n Engelse skrywer wat na sy opleiding in selbiologie veral fokus op pseudo-sielkunde. Sheldrake het die begrip morfiese veld ontwikkel, gebaseer op die ouer begrip morfogenetiese velde. Laasgeneomde begrip was veral gebruik deur Thomas Huxley en die Franse filosoof Henri Bergson via die begrip 'noösfeer' van die paleontoloog/jesuïet Teilhard de Chardin. Sheldrake het ondersoek gedoen na en geskryf oor onder andere die ontwikkeling en die gedrag van diere en plante, telepatie, persepsie en metafisika. Hy het sy fokus veral gerig op die vraagstukke waarvoor daar (nog) geen oplossing gevind kon word nie soos bv. die gedrag en kommunikasie onderling van miere, duiwe en hoe hul navigeer en hul pas na hul hok terugvind, hoe honde vooraf bewus kan wees van die tuiskoms van hul base ens. Hy doen dit deur eksperimente op fundamentele vlak te doen en met 'n baie beperkte begroting.

Sheldrake het gestudeer en gepromoveer aan die Universiteit van Cambridge. Hy het hom in die jare '90 in Nederland gevestig en was in die nuus as een van die deelnemers aan die opspraakwekkende VPRO-program Een Schitterend Ongeluk van Wim Kayzer. Sheldrake se morfiese resonansie postuleer dat "geheue inherent is in die natuur" en dat natuurlike stelsels 'n kollektiewe geheue oorerf van alle vorige dinge van hul soort. Sheldrake stel voor dat dit ook verantwoordelik is vir telepatie-tipe interverbindings tussen organismes. Sy voorspraak van die idee bied idiosinkratiese verduidelikings vir standaard onderwerpe in biologie soos ontwikkeling, oorerflikheid en geheue. Morfiese resonansie word nie deur die wetenskaplike gemeenskap aanvaar nie en Sheldrake se voorstelle wat daarmee in verband staan is wyd gekritiseer. Kritici maak melding van 'n gebrek aan bewyse vir morfiese resonansie en onreëlmatighede tussen die begrip se beginsels en data afkomstig van genetika, embriologie, neurowetenskap, en biochemie. Hulle het hul kommer uitgespreek dat die populêre aandag wat aan Sheldrake se boeke en openbare verskynings spandeer word die publiek se begrip van wetenskap ondermyn. Ander werke deur Sheldrake omvat paranormale onderwerpe soos pre-kognisie, empiriese navorsing oor telepatie en die psigiese staar-effek. Sheldrake se idees het egter in die New Age beweging ondersteuning gekry van individue soos Deepak Chopra.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search