Russiese Grand Prix

Hamilton en president Wladimir Poetin in 2014.
Die Sochi-renbaan

Die Russiese Grand Prix (Russies: Гран-при России) is 'n motorwedren wat reeds in die 1910s in St. Petersburg plaasgevind het.

Die wedren is sedert 2014 by die Sochi Autodrom, 'n straatbaan rondom die Olimpiese Park in Sotsji, Rusland, gehou en het jaarliks van 2014 tot 2021 'n deel van die Formule Een Wêreldkampioenskap gevorm.

Die kontrak met die wedren se organiseerders is in Maart 2022 gekanselleer weens Rusland se inval in Oekraïne.[1]

  1. F1 terminates its contract with the Russian Grand Prix 3 Maart 2022

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search