Russiese nasionale rugbyspan

Rusland
Unie Союз регбистов России
Russiese Rugbyunie (FRR)
Bynaam(e) Bere (Медведи)
Embleem Russiese beer
Afrigter(s) Vlag van Rusland Aleksander Perwoetsjin
Kaptein(s) Wiktor Gresef
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Joeri Koesjnaref (120)[1]
Meeste punte Joeri Koesjnaref (797)[2]
Meeste drieë Wasili Artemjef (29)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Eerste nieamptelike toetswedstryd
Vlag van Rusland Rusland 27–23 Britse Barbarians
(Moskou, Rusland; 6 Junie 1992)
Eerste amptelike toetswedstryd
Vlag van België België 11–17 Rusland Vlag van Rusland
(Brussel, België; 11 Oktober 1992)
Grootste oorwinning
Vlag van Denemarke Denemarke 7–104 Rusland Vlag van Rusland
(Kopenhagen, Denemarke; 13 Mei 2000)
Grootste nederlaag
Vlag van Japan Japan 75–3 Rusland Vlag van Rusland
(Tokio, Japan; 6 November 2010)
Wêreldbeker
Verskynings 2/10 (Eerste in 2011)
Beste uitslag Laaste in groep in 2011 en 2019
Unie webwerf
www.rugby.ru

Die Russiese nasionale rugbyspan (Russies: Сборная России по регби) is die nasionale rugbyspan wat Rusland in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span se bynaam “bere” (Russies: Медведи) is ontleen aan die nasionale dier van dié land. Rugby word in Rusland geadministreer deur die Russiese Rugbyunie (Russies: Союз регбистов России, afgekort “FRR”) wat in 1936 gestig is en sedert 1990 op sy eie optree. Rusland word deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Daarmee behoort Rusland tot die beste Europese rugbyspanne naas die Sesnasies. Die Russiese rugbyspan is tans (Januarie 2024) 25ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

In 1992 het Rusland, ná die Ontbinding van die Sowjetunie, sy eerste nieamptelike toetswedstryd teen die Britse Barbarians gespeel; hul eerste amptelike toetswedstryd het vier maande later teen België plaasgevind. Voorheen het Russiese spelers vir die Sowjetunie uitgedraf en daarna vir die Gemenebes van Onafhanklike State. Hulle het tydens die Europese Rugbykampioenskap nog geen titel ingepalm nie, drie keer as naaswenner en ses keer in die derde plek geëindig. Die Russiese span speel tradisioneel in rooi truie met rooi broeke en rooi sokkies. Rusland se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse rugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1987 beslis word. Die span kon vir twee toernooie kwalifiseer, maar hulle het in 2011 en 2019 laaste in hul groep geëindig.

Weens die Russiese inval in Oekraïne in 2022 is die Russiese beheerliggaam deur die wêreldbeheerliggaam Wêreldrugby en die vastelandse beheerliggaam Rugby Europa geskors. Sedertdien is die Russiese span van die internasionale spelbedryf uitgesluit.[5]

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 26 Januarie 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 26 Januarie 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 26 Januarie 2024.
  4. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 14 Desember 2023.
  5. (en) "Russia banned from Rugby World Cup qualification, Georgia advance". BBC. 10 Maart 2022. Besoek op 14 Desember 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search