Sagittarius A*

Sagittarius A*
Die akkresieskyf om Sagittarius A*, soos in 2017 afgeneem deur die Event Horizon-teleskoop; uitgereik in Mei 2022.
Die akkresieskyf om Sagittarius A*, soos in 2017 afgeneem deur die Event Horizon-teleskoop; uitgereik in Mei 2022.
Sterrebeeld Boogskutter
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 17h 45m 40.0409s
Deklinasie −29° 0′ 28.118″[1]
Besonderhede
Massa (M) 8,26×1036 kilogram
4,154±0,014×106[2]
Afstand (ligjaar) 26 673±42[2]
Ander name
Sgr A*
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Sagittarius A* (uitgespreek "Sagittarius A-ster"; afkorting Sgr A*) is die supermassiewe swartkolk[3][4] in die middel van die Melkweg. Dit is geleë naby die grens tussen die sterrebeelde Boogskutter (Sagittarius) en Skerpioen (Scorpius), sowat 5,6° suid van die sonnebaan,[5] visueel naby die Skoenlapper-sterreswerm (Messier 6) en die ster Shaula (Lambda Scorpii).

Die voorwerp is 'n helder en baie kompakte radiobron. Die naam Sagittarius A* is om historiese redes daaraan gegee. In 1954[6] het John D. Kraus, Hsien-Ching Ko en Sean Matt by 250 MHz na die radiobronne geluister wat hulle geïdentifiseer het met die radioteleskoop van die Universiteit van Ohio. Hulle het die bronne gerangskik volgens sterrebeeld en het hoofletters toegeken in volgorde van helderheid binne elke sterrebeeld; A het die helderste radiobron binne die sterrebeeld aangedui. Die asterisk (*) is later bygevoeg omdat die ontdekking as opwindend (exciting) beskou is,[7] in ooreenstemming met die naam vir atome in 'n opgewekte (excited) toestand wat met 'n asterisk aangedui word (die opgewekte toestand van helium is byvoorbeeld He*). Die asterisk is in 1982 toegevoeg deur Robert L. Brown,[8] wat verstaan het die sterkste radio-emissie van die middel van die sterrestelsel kom moontlik van 'n kompakte, nietermiese radiovoorwerp.

Waarnemings van verskeie sterre, veral S2, in ’n wentelbaan om Sagittarius A* is gebruik om die massa en grootte van die voorwerp vas te stel. Op grond van dié waarnemings is bepaal dat Sagittarius A* die ligging is van die Melkweg se supermassiewe swartkolk,[9] soos dié wat nou algemeen aanvaar word in die middel van die meeste spiraal- en elliptiese sterrestelsels voorkom. Die huidige raming van sy massa is 4,154 (± 0,014) miljoen sonmassas.[2]

Die astrofisici Reinhard Genzel en Andrea Ghez het in 2020 die Nobelprys vir fisika gewen vir hulle ontdekking dat Sagittarius A* 'n supermassiewe, kompakte voorwerp is, waarvoor 'n swartkolk destyds die enigste sinvolle verduideliking was.[10]

Op 12 Mei 2022 het sterrekundiges 'n foto (regs bo) van die akkresieskyf om Sagittarius A* uitgereik wat deur die Event Horizon-teleskoop, 'n wêreldwye netwerk van radiosterrewagte, geskep is met data van April 2017.[11] Dit het bevestig dat die voorwerp 'n swartkolk is. Dit is slegs die tweede bevestigde foto van 'n swartkolk, ná dié in 2019 van die supermassiewe swartkolk in Messier 87.[12][13] Die swartkolk self kan nie gesien word nie; net nabygeleë voorwerpe wat deur die swartkolk beïnvloed word. Die waargenome radio- en infrarooi-energie kom van gas en stof wat tot miljoene grade verhit word terwyl dit in die swartkolk val.[14]

  1. Reid and Brunthaler 2004
  2. 2,0 2,1 2,2 The GRAVITY collaboration (April 2019). "A geometric distance measurement to the Galactic center black hole with 0.3% uncertainty". Astronomy & Astrophysics. 625: L10. arXiv:1904.05721. Bibcode:2019A&A...625L..10G. doi:10.1051/0004-6361/201935656. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2019. Besoek op 4 Oktober 2019.
  3. Parsons, Jeff (31 Oktober 2018). "Scientists find proof a supermassive black hole is lurking at the centre of the Milky Way". Metro (in Engels (VK)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2018. Besoek op 31 Oktober 2018.
  4. Mosher, Dave (31 Oktober 2018). "A 'mind-boggling' telescope observation has revealed the point of no return for our galaxy's monster black hole". The Middletown Press. Business Insider. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2018. Besoek op 16 Mei 2022.
  5. Calculated using Equatorial and Ecliptic Coordinates Geargiveer 21 Julie 2019 op Wayback Machine calculator
  6. Kraus, J. D.; Ko, H. C.; Matt, S. (Desember 1954). "Galactic and localized source observations at 250 megacycles per second". The Astronomical Journal. 59: 439–443. Bibcode:1954AJ.....59..439K. doi:10.1086/107059. ISSN 0004-6256. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2022. Besoek op 16 Mei 2022 – via The ADS.
  7. Goss, W. M.; Brown, Robert L.; Lo, K. Y. (8 Augustus 2003). "The Discovery of Sgr A*". Astronomische Nachrichten (in Engels). 324 (S1): 497–504. arXiv:astro-ph/0305074. Bibcode:2003ANS...324..497G. doi:10.1002/asna.200385047. ISSN 0004-6337. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2022. Besoek op 13 Mei 2022.
  8. Brown, Robert L. (1 November 1982). "Precessing Jets in Sagittarius A: Gas Dynamics in the Central Parsec of the Galaxy". The Astrophysical Journal. 262: 110–119. Bibcode:1982ApJ...262..110B. doi:10.1086/160401. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2022. Besoek op 13 Mei 2022.
  9. Henderson, Mark (9 Desember 2009). "Astronomers confirm black hole at the heart of the Milky Way". Times Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2008. Besoek op 6 Junie 2019.
  10. "The Nobel Prize in Physics 2020" (in Engels (VSA)). 6 Oktober 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2021. Besoek op 7 Oktober 2020.
  11. Bower, Geoffrey C. (Mei 2022). "Focus on First Sgr A* Results from the Event Horizon Telescope". The Astrophysical Journal. Besoek op 12 Mei 2022.
  12. "Astronomers reveal first image of the black hole at the heart of our galaxy". eso.org. 12 Mei 2022. Besoek op 12 Mei 2022.
  13. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NYT-20220512
  14. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named DetectionOfBlackHoleSrgA

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search