Saint-Jean-Cap-Ferrat

Saint-Jean-Cap-Ferrat
Uitsig oor die Kaap Ferrat
Uitsig oor die Kaap Ferrat
Wapen van Saint-Jean-Cap-Ferrat
Wapen
Saint-Jean-Cap-Ferrat is in Frankryk
Saint-Jean-Cap-Ferrat
Saint-Jean-Cap-Ferrat
Koördinate: 43°41′00″N 7°20′00″O / 43.68333°N 7.33333°O / 43.68333; 7.33333
LandVlag van Frankryk Frankryk
Gewes Provence-Alpes-Côte d'Azur
Département Alpes-Maritimes
ArrondissementNice
KantonVillefranche-sur-Mer
Stigting6de eeu
Regering
 • BurgemeesterRené Vestri
Oppervlak
 • Totaal2,48 km2 (0,96 vk. myl)
Hoogte
0–138 m (0–453 ft)
Bevolking
 • Totaal2 085
 • Digtheid841/km2 (2 180/vk. myl)
Poskode
06230
Skakelkodes06121
Webwerfville-saint-jean-cap-ferrat.fr

Saint-Jean-Cap-Ferrat is 'n dorp in die département Alpes-Maritimes in die suid-ooste van Frankryk met 'n oppervlakte van 2,48 vierkante kilometer en 2 085 inwoners. Dit lê aan die Côte d'Azur, sowat 10 kilometer van Nice, 25 kilometer van Menton en 950 kilometer van Parys.

Die dorp lê op 'n skiereiland naby Beaulieu-sur-Mer en Villefranche-sur-Mer en strek tot by die Kaap Ferrat (Frans: Cap Ferrat). Sy rustigheid en milde klimaat maak van Saint-Jean-Cap-Ferrat 'n gewilde bestemming vir welgestelde toeriste. Die dorp bekoor met 'n kuslyn van veertien kilometer met talle klein baaie, strande en ou dennebome.

Maar die dorp en sy skiereiland staan veral bekend vir sy luukse huise. Saint-Jean-Cap-Ferrat is steeds 'n gewilde verblyfplek vir adellikes, politikusse, akteurs, sangers, skrywers, skilders en sakemanne, wat hier dikwels tydens die wintermaande bly.

Teen die begin van die 20ste eeu besit ook die Belgiese koning Léopold II 'n landgoed in die dorp, wat onder meer die Villa des Cèdres met sy kenmerkende Sardiese boustyl insluit. Dit is tans 'n botaniese tuin ("Les Cèdres").


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search