Saint Helier

Saint Helier
Saint-Hélier
St Hélyi

Kaart Vlag
Wapen
 Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
 Lande Vlag van Jersey Jersey
 Koördinate 49°11′00″N 02°07′00″W / 49.18333°N 2.11667°W / 49.18333; -2.11667
 Gestig op
 Oppervlakte:  
 - Totaal 10,6 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2001) 28 310
 - Bevolkingsdigtheid 2 670,8/vk km
 Tydsone GMT / UTC +0
 - Somertyd BST / UTC +1
 Burgemeester Alan Simon Crowcroft
 Amptelike webwerf www.sthelier.je
Die parogiale raadsaal van Saint-Helier dien as setel van die stadsregering

Saint Helier (Engelse uitspraak: [sint ˈhɛliər]; Frans: Saint-Hélier, Jèrriais: St Hélyi) is een van die twaalf parogieë van die Kanaaleiland Jersey. Die stad met 'n oppervlak van 10,6 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 33 500 huisves meer as 'n derde van die eiland se inwoners en dien as die regeringsetel van Jersey, alhoewel die regeringsgebou (Government House), net soos dele van die beboude stadsgebied, in die aangrensende parogie Saint Saviour geleë is. Die voorstadsone van Saint Helier het daarnaas ook na Saint Lawrence en Saint Clement begin uitbrei.

Die grootste deel van Saint Helier, wat 10,6 km² of byna 'n tiende van die eiland se totale oppervlakte beslaan, het nogtans 'n landelike karakter.

Twee gekruiste goue byle op 'n blou agtergrond vorm die wapen van die stad, waarby blou die see versinnebeeld en die byle na die martelaarskap van die heilige Helier as die stad se naamgewer en beskermheilige verwys. Volgens oorlewering is Helier in 555 deur Saksiese seerowers met 'n byl onthoof.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search