Salm

Hierdie artikel handel oor die vis. Sien Suid-Afrikaanse Lugmag vir die gewapende mag.

Salm
Illustrasie van 'n manlike Coho-salm
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Salmoninae
Spesies
Sien teks
Sinonieme

Acantholingua (Hadzisce, 1960)
Salmothymus (Berg, 1908)

Salm is die algemene naam vir verskeie vissoorte in die familie Salmonidae. Onder die soorte van hierdie familie word ook forelle ingesluit. Salms word in die Atlantiese en Stille Oseane aangetref, asook in mere soos die Groot Mere van Noord-Amerika.

Salms word in varswater gebore, maar migreer na geboorte na die oseaan en keer weer na varswatergebiede terug om voort te plant. In Alaska betrek salms tans nuwe varswaterstrome, soos dié wat deur die terugtrekking van gletsers geskep word. Dit is tans onbekend hoe die salm presies navigeer, maar dit word aanvaar dat hul sensitiewe reuksintuig 'n gewisse rol speel. Die manlike salms wat in die Stille Oseaan aangetref word sterf gewoonlik kort ná die voortplantingproses. Selfs in die spesies waar die mannetjie wel meer as een keer voortplant, is die sterftesyfer na die eerste paring redelik hoog, en beramings plaas dié syfer op selfs 40% of 50%.

Die salm speel reeds lank 'n rol in die kultuur en lewensonderhoud van kusbewoners. Baie bevolkings van die Noordelike Stille-Oseeankus het 'n seremonie om die terugkeer van die salm te vier en te eer. Verskeie eeue lank het mense ook salms gevang namate die visse rivierlangs na hul varswatergebiede teruggeswem het. Tans word die salmvangs meestal beperk tot baaie en kusgebiede.

Daar heers besorgdheid oor die bevolkingsvlakke van salms in die Atlantiese Oseean en sommige dele van die Stille Oseaan, maar daar is steeds 'n oorvloed salm in die noordelike Brits-Kolombiese en Alaskaanse gebiede. Die Skeena-rivier in Brits-Kolombië ontvang telkens miljoene visse wat na hul varswatergebiede terugkeer en dit ondersteun die plaaslike nywerheidsvisserye, inboorlingvisserye, sportvisvang en uiteenlopende natuurlewe van dié gebied se kuslyn tot honderde kilometers nader aan die keerpunt. Die Columbiarivier se salmbevolking is tans egter minder as 3% van wat dit was toe Meriwether Lewis en William Clark die rivier in 1805 besoek het.[1]

Vars salmfilette uitgelê op 'n tafel
Salm sashimi, gedekoreer


  1. "Endangered Salmon" (in Engels). U.S. Congressman Jim McDermott. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2010. Besoek op 17 November 2006.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search