Sambo

’n Beenklem in sambo.

Sambo (Russies: самбо) is ’n Russiese vegkuns en sportsoort.[1][2] Dit is die afkorting van die Russiese uitdrukking САМооборона Без Оружия (letterlik "selfverdediging sonder wapens"). Sambo is ’n redelike moderne gevegskuns; die ontwikkeling daarvan het in die vroeë 1920's begin in die weermag van die voormalige Sowjetunie om soldate se handgevegsvermoëns te verbeter.[1] Dit het sy wortels in judo en stoei.

Die pioniers van sambo is Wiktor Spiridonof en Wasili Osjtsjepkof. Laasgenoemde is in die tronk dood tydens die politieke vervolgings van 1937 nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ’n Japannese spioen is. Die twee mans het twee verskillende style onafhanklik van mekaar ontwikkel wat eindelik saam sambo geword het. Dit is in 1938 as ’n amptelike sportsoort erken deur die Sowjet-sportkomitee.

  1. 1,0 1,1 Schneiderman, R.M. (19 Junie 2010). "Once-Secret Martial Art Rises in Ring's Bright Lights". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020.
  2. "Once-secret KGB martial art fights for recognition" (in Engels). Time Live. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2013. Besoek op 4 Desember 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search