Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit

Suid-Afrika Sarah Baartman
Kaart van Suid-Afrika wat Sarah Baartman in Oos-Kaap aandui
Provinsie Oos-Kaap
Tipe Distriksmunisipaliteit
Munisipale kode DC10
Plaaslike munisipaliteite Bloukraanroete, Dr Beyers Naudé, Kouga, Kou-Kamma, Makana, Ndlambe, Sondagsriviervallei
Hoofstad Port Elizabeth
Burgemeester Mlungisi Gerald Mvoko (ANC)
Grootste tale Xhosa, Afrikaans, Engels
Oppervlakte 58 194 km²
Bevolking 450 584(2011)

Die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit is een van die 6 distriksmunisipaliteite in die Oos-Kaap. Die setel van die munisipaliteit is in Port Elizabeth geleë. Die inwoners in die munisipale gebied is óf Xhosa- óf Afrikaanssprekend (45% elk), met 'n klein minderheid Engelssprekend. Die munisipaliteit se kode is DC10.

Die munisipaliteit is na Saartjie Baartman vernoem, 'n Khoi-vrou wat in die 19de eeu as trekpleister in Europa onder die naam Hottentot-Venus tentoongestel is. Haar liggaamlike oorskot is ná 'n veldtog in 2002 na Suid-Afrika teruggebring, waarna sy in haar oorspronklike geboortestreek in Hankey ter ruste gelê is.

Kaart van die Oos-Kaap met Sarah Baartman-distrik en sy plaaslike munisipaliteite in geel aangedui.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search