Sater

’n Bles, bebaarde sater met die stert van ’n perd balanseer ’n wynglas op sy ereksie, ca. 500-490 v.C.

Saters (Grieks: Σάτυροι, Satiroi) in die Griekse mitologie is ’n groep manlike geselle van Pan en Dionysus wat in die berge en woude hou — vroulike saters is later deur digters bedink. Hulle word dikwels verbind met wellus en word meestal uitgebeeld met permanente ereksies.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search