Satet

Satet
Satis word aanbid deur farao Sobechotep III; ’n deel van haar kroon, die Hedjet, versier met bokhorings, kan gesien word (Brooklyn-museum).
Satis word aanbid deur farao Sobechotep III; ’n deel van haar kroon, die Hedjet, versier met bokhorings, kan gesien word (Brooklyn-museum).
Soort godin  Egipties
Godin van Die oorstroming van die Nyl
Kultussentrum  Swenet, Sahal
Simbool Pyl, vloeiende rivier
Metgesel Chnoem
Kinders Anoeket
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Satet (ook gespel Satis, Sates of Sati) was in die Egiptiese mitologie die vergoddeliking van die jaarlikse oorstroming van die Nylrivier. Haar kultus het ontstaan in die Antieke Egiptiese stad Swenet (nou Aswan) in die suide van die land. Haar naam beteken "sy wat uitskiet", wat verwys na die Nyl se oorstromings. Sy was ook ’n vroeë oorlogs, jag- en vrugbaarheidsgodin wat ook beskou is as ’n beskermer van Suid-Egipte.

Een van haar titels is "sy wat soos ’n pyl hardloop", wat vermoedelik ook na die oorstromings verwys, en haar simbole was die pyl en die vloeiende rivier. Sy is uitgebeeld as ’n vrou met die Hadjet, die kroon van Bo-Egipte, met bokhorings voor, of as ’n bok. Sy is ook soms uitgebeeld met ’n pyl en boog, of met ’n anch vanweë haar verbintenis met die lewegewende oorstromings van die Nyl.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search