Sebra

Sebra
Tydperk: Plioseen tot hede 5.3–0 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Perissodactyla
Familie: Equidae
Genus: Equus
Subgenus: Hippotigris
C. H. Smith, 1841
Spesies

E. capensis
E. grevyi
E. koobiforensis
E. mauritanicus
E. oldowayensis
E. quagga
E. zebra

Moderne verspreiding van die lewendige sebra spesies.

Die sebra, in die volksmond ook kwagga genoem, is 'n soogdier van die familie perdagtiges wat aangetref word in Sentraal- en Suider-Afrika. Hulle het swart en wit strepe wat vertikaal loop oor die liggaam van die dier, en 'n wit pens. Elke sebra se strepe is uniek. Meeste dierkundiges het voorheen gereken dat die strepe vir kamoeflering is, en ander weer dat die strepe 'n rol speel in sosiale interaksie (omdat klein variasies die diere in staat stel om mekaar uit te ken). 'n Meer hedendaagse teorie, wat ondersteun word deur eksperimente, stel voor dat die strepe 'n effektiewe metode is om die visuele stelsel van die tsetsevlieg te verwar.[1]

'n Sebra kan 'n topspoed van 55 km per uur haal, stadiger as 'n perd. Hulle het egter groter uithouvermoë. 'n Sebra kan in een dag 40 km ver loop, net om weer in die aand na die trop terug te keer.

Sebras in Botswana.
  1. Dís die nut van sebra se strepe[dooie skakel], Beeld, 11 Oktober 2007

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search