Seevlak

'n Merker wat die hoogte bo seevlak aandui op die pad tussen Jerusalem en die Dooie See in Israel.
Rekords van die seevlak (gemeet op 23 gety-stabiele plekke) toon 'n styging van ongeveer 200 mm gedurende die 20ste eeu (dit is 2 mm/jaar).

Die term seevlak of seespieël word gebruik om die gemiddelde hoogte waarop die land en see mekaar ontmoet, aan te dui.

Dit kom algemeen voor in die geografiese beskrywings van berge, riviere en stede as: Hoogte bo seevlak, wat dan meen "soveel voet" of "soveel meter" bokant die gemiddelde vlak van die see of oseaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search