Sel

Epiteelselle

'n Sel is die strukturele en funksionele eenheid van alle bekende lewende organismes. Dit is die kleinste eenheid van 'n organisme wat as "lewendig" geklassifiseer word. Sommige organismes, soos die meeste bakterië, is eensellig, terwyl ander, soos mense, veelsellig is. Mense het 'n beraamde 100 000 miljard of 1014 selle en 'n tipiese sel het 'n grootte van 10 mikrometer en 'n massa van 1 nanogram. Die grootste sel is 'n onbevrugte volstruiseier.

Die selteorie, oorspronklik voorgestel in 1839 deur Schleiden en Schwann, meld dat:

  • alle organismes saamgestel is uit een of meer selle;
  • alle selle gevorm word uit selle wat reeds bestaan;
  • alle onontbeerlike funksies van 'n organisme binne-in die selle plaasvind;
  • alle selle die geneties-oorerflike inligting bevat wat nodig is om selfunksies te reguleer; en dat
  • selle self verantwoordelik is vir die oorsein van inligting na die volgende geslag selle.

Die woord "sel" is afkomstig van die Latynse cellula, wat "klein kamer" beteken. Hierdie beskrywende naam is deur Robert Hooke gekies in sy 1665-boek waarin hy die kurkselle wat hy deur 'n mikroskoop waargeneem het vergelyk het met die klein kamers waarin monnike lewe.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search