Selena

Selena
Gedenkteken vir Selena
Agtergrondinligting
GeboortenaamSelena Quintanilla
Ook bekend asSelena, Selena Pérez
Gebore19 April 1971
Lake Jackson, Texas, VSA
Sterf31 Maart 1995 (op 23)
Corpus Christi, Texas, VSA
Beroep(e)Sanger-liedjieskrywer, platevervaardiger, aktrise, danseres, model, ontwerpster
InstrumenteStem
Jare aktief1982–1995
EtiketteFreddie, Cara, GP Productions, EMI Latin, Q-Productions, SBK
AssosiasiesSelena y Los Dinos, Abraham Quintanilla III, Suzette Quintanilla, Chris Pérez, Wyclef Jean

Selena Quintanilla-Perez (* 16 April 1971; † 31 Maart 1995; kortweg as Selena bekend) was 'n gewilde Meksikaans-Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, danseres, model, mode-ontwerper, aktrise en platevervaardiger, wat die erebynaam "Die Koningin van Tejano-musiek" genoem is.[1] Selena, die jongste kind van 'n Meksikaans-Amerikaanse paartjie,het haar eerste album op die ouderdom van twaalf uitgereik. Sy het die toekenning "Female Vocalist of the Year" by die 1987 Trejano-musiektoekennings ontvang en het 'n paar jaar later 'n opneemkontrak met EMI losgeslaan. Haar gewildheid het gedurende die vroeë 1990's toegeneem, veral in Spaanssprekende lande, ná haar tragiese dood het dit veral gegroei.

Selena het verdere noemenswaardigheid in Noord-Amerika opgedoen nadat sy op die ouderdom van 23 deur Yolanda Saldivar, die president van haar aanhangersklub, vermoor is. Op 12 April 1995, twee weke ná haar dood, het Texas-goewerneur George W. Bush haar geboortedag as "Selena-dag" in Texas verklaar.[2] Warner Bros het in 1997 die rolprent Selena geproduseer — 'n biografiese prent met Jennifer Lopez in die hoofrol. Selena se lewe was ook die basis van die musiekblyspel Selena Forever, met Veronica Vazquez as Selena. In Junie 2006 is Selena met 'n museum en 'n lewensgrootte bronsstandbeeld (Mirador de la Flor in Corpus Christi, Texas) geëer, wat weekliks deur honderde aanhangers besoek word.

  1. Mitchell, Rick. "Selena". Houston Chronicle, 21 Mei 1995. Besoek op 1 Februarie 2008.
  2. Orozco, Cynthia E. Quintanilla Pérez, Selena. The Handbook of Texas online. Bekyk op 29 Mei 2009

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search