Sensoriese senuweestelsel

Sensoriese senuweestelsel
Inligting en eksterne bronne
Aktivering en reaksie in die sensoriese senuweestelsel.
Aktivering en reaksie in die sensoriese senuweestelsel.
Inligting
Latyn Organa sensuum
Eksterne bronne
FMA 78499 75259, 78499

Die sensoriese senuweestelsel is die deel van die senuweestelsel wat verantwoordelik is vir die prosessering van sintuiglike inligting. Dit bestaan uit sintuigsenuwees (insluitende die sensoriese reseptorselle), senuoordraers en die dele van die brein wat by sintuiglike waarneming betrokke is.

Sintuie is seinoordraers van die fisieke wêreld na die brein en rugmurg waar die seine vertolk word, en so word ons in staat gestel om die wêreld om ons waar te neem.[1] Oor die algemeen word vyf sintuie erken, soos reeds genoem deur Gautama Boeddha en Aristoteles: sig, gehoor, gevoel, smaak en reuk.

  1. Krantz, John. "Experiencing Sensation and Perception – Chapter 1: What is Sensation and Perception?" (Pdf). p. 1.6. Besoek op 16 Mei 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search