Shaka

Shaka
Koning van die Zoeloenasie
Die enigste tekening van Shaka, met 'n lang assegaai en 'n swaar skild in 1824 – vier jaar voor sy dood.
Dinastie Huis van die Zoeloe
Bewind 18161828
Volle naam Shaka kaSenzangakhona
Gebore circa 1787
KwaZulu-Natal, naby Melmoth
Gesterf 22 September 1828
KwaDukuza, KwaZulu-Natal
Voorganger Senzangakhona kaJama
Nie bekend of erken nie
Opvolger Dingaan
Vader Senzangakhona kaJama
Moeder Nandi

Shaka kaSenzangakhona (Zoeloe: [ˈʃaːɠa]; somtyds Tshaka, Tchaka of Chaka; ca. 1787 – ca. 24 September 1828) word algemeen gesien as die Zoeloe-leier wat die Zoeloes van 'n klein stam tot op die randjie van nasieskap gelei het met 'n koninkryk tussen die Pongola- en Umzimkuluriviere in Suider-Afrika. Daar bestaan baie legendes oor Shaka. Hy is wyd bekend vir sy militêre mag en vernietiging, en ook vir sy militêre hervorming en nuwe idees.

Hierdie kaart toon die opkoms van die Zoeloeryk onder Shaka (1816–1828) in die hedendaagse Suid-Afrika. Die opkoms van die Zoeloeryk      onder Shaka het ander hoofmanne en stamme gedwing om oor 'n wye gebied van Suider-Afrika te vlug. Stamme wat uit die Anglo-Zoeloeoorlog se gebied      gevlug het sluit in Sjangaans, Zwangendaba, Noord-Ndebeles, Hlubi, Ngwane en die Fengu. 'n Aantal stamme is vasgevang tussen die Zoeloe-ryk en die vooruitkomende Voortrekkers en Britse Ryk      soos die Xhosas     .

Shaka was die seun van stamhoof Senzangakhona kaJama maar was 'n buite-egtelike kind wat nie deur sy vader grootgemaak is nie, maar deur Dingiswayo, 'n Mthethwa-stamhoof. Na Shaka se vader se dood, help Dingiswayo vir Shaka om sy broer te verslaan. Shaka word so stamhoof in ongeveer 1812. In 1816 begin hy sy veroweringstogte. Binnekort regeer hy oor die grootste deel van Natal en die suidooste van Suid-Afrika.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search