Shirin Ebadi

Shirin Ebadi
شيرين عبادى
Gebore21 Junie 1947
NasionaliteitVlag van Iran Iran
BeroepProkureur en regter
Bekend virVerdedigers van Menseregtesentrum
Handtekening

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Shirin Ebadi (Persies: شيرين عبادى Širin Ebādi), die dogter van Mohammed Ali Ebadi, is in 1947 in die stad Hamedan gebore. Haar vader, wat ten tye van haar geboorte die hoof van Hamedan se Registrasiekantoor was, was een van die eerste lektore in handelsreg en het verskeie boeke geskryf. In 1948 het haar gesin na Teheran verhuis, waar sy sedertdien woon.

Sy het in 1968 'n graad in die regte aan die Universiteit van Teheran verwerf. In 1970 het sy die eerste vrou in die geskiedenis van Iran se regspleging geword om as regter te dien. Intussen het sy haar studie voortgesit en in 1971 'n doktoraat in privaatreg met lof verwerf.

Sy het in 1975 die President van Regsbank 24 van die [Teheranse] Stadshof geword. Ná die oorwinning van die Islamitiese Revolusie in Februarie 1979 is sy en ander vroulike regters uit hul ampte ontslaan en het hulle klerklike pligte gekry. Dit was weens die oortuiging dat Islam vroue verbied om as regters te dien. Shirin het 'n klerk geword in die hof wat eens onder haar beheer was. Nadat sy en die ander vroulike regters beswaar aangeteken het, is hulle tot die pos van "deskundiges" in die Justisiedepartement bevorder. Sy was egter nie tevrede hiermee nie, en het gevolglik vroeë aftrede versoek, wat toegestaan is. Ebadi het daarna weer aansoek gedoen om te praktiseer, maar haar aansoek is van die hand gewys aangesien die Balieraad vir 'n geruime tyd ná die revolusie gesluit gebly het en deur die Regsbank bestuur is.

Ebadi was dertien jaar werkloos. In hierdie tyd het sy verskeie boeke geskryf en talle artikels in Iranse tydskrifte gepubliseer gekry wat haar bekend gemaak het. In 1992 het sy daarin geslaag om 'n prokureurslisensie te bekom en het sy haar eie praktyk begin. Sy het talle sake verdedig, onder meer persverwante sake, politieke en 'n groot aantal maatskaplike sake (insluitende kindermishandeling). Sy gee ook in haar opleidingskursusse in menseregte lesings aan 'n aantal studente van buite Iran.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search