Skedel en doodsbeendere

’n Skedel en doodsbeendere op ’n seerowersvlag.
Skedels en doodsbeendere in ’n beenderehuis.

’n Skedel en doodsbeendere (Engels: skull and crossbones) bestaan uit ’n doodshoof, of skedel van ’n mensgeraamte,[1] met twee lang bene wat ’n kruis daaronder of daaragter vorm. Dit is ’n simbool wat dikwels as waarskuwing teen gevaar gebruik word. Die ontwerp het in die Middeleeue ontstaan as ’n simbool van die dood, veral op grafstene.

In moderne tye word dit gewoonlik gebruik om teen elektrisiteit of dodelike chemikalieë te waarsku.[2]

  1. "Doodshoof" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 30 Junie 2020.
  2. "Dictionary and Thesaurus | Merriam-Webster". Merriam-webster.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2019. Besoek op 30 Junie 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search