Skeppingspilare

Hubble se tweede, groter foto van die Skeppingspilare in die Arend-newel. Dit is in 2014 geneem ter herdenking aan die oorspronklike foto uit 1995.
Dié videogreep wys ’n 3D-uitbeelding van die struktuur van die pilare.

Die Skeppingspilare is wolkkolomme in die Arend-newel (in die sterrebeeld Slang) wat bekend geraak het danksy ’n foto deur die Hubble-ruimteteleskoop. Die newel is sowat 7 000 ligjare van die Aarde af.[1] Die kolomme word so genoem omdat nuwe sterre aan die vorm is in die stof en gas, terwyl die pilare weggekalwe word deur lig en winde vanaf nabygeleë sterre wat onlangs gevorm het.[2]

Die foto is op 1 April 1995 geneem en is deur Space.com aangewys as een van die top-10-foto's deur Hubble.[3] Die sterrekundiges wat daarvoor verantwoordelik was, is Jeff Hester en Paul Scowen, destyds albei verbonde aan die Arizona-staatsuniversiteit. In 2011 is die streek weer besoek deur die ESA se Herschel-ruimtesterrewag.

  1. Clavin, Whitney. "'Elephant Trunks' in Space" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2019. Besoek op 9 Maart 2011.
  2. Embryonic Stars Emerge from Interstellar "Eggs" Geargiveer 11 Desember 2016 op Wayback Machine, Hubble-nuusvrystelling
  3. Best Hubble Space telescope images van Space.com.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search