Skotse nasionale krieketspan

Skotland
Kenteken van die Skotse nasionale krieketspan
BynaamSkotse Saltires (2010–2013)
KonferensieKrieket Skotland (CS)
Personeel
KapteinRichie Berrington
AfrigterVlag van Suid-Afrika Doug Watson
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (1994)
IKR-streekEKR (Europa)
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
EDI13de12de (16 April 2022)
T20I12de11de (2 Mei 2017)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Australië Australië op New Road, Worcester; 16 Mei 1999
Laaste EDIt Vlag van Kanada Kanada op Doebai Internasionale Krieketstadion, Doebai; 7 Maart 2024
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]15669/79 (44,23%)
(1 gelykop, 7 onbeslis)
Vanjaar[3]31/2
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings3/13 (eerste in 1999)
Beste uitslagGroepfase (in 1999, 2007 en 2015)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
8 (eerste in 1997)
Beste uitslagKampioen (in 2005 en 2014)
Kampioenetrofee-verskynings0/9
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Pakistan Pakistan op Kingsmead, Durban; 12 September 2007
Laaste T20It Vlag van Australië Australië op Daren Sammy-krieketveld, Gros Islet; 15 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]9946/48 (46,46%)
(1 gelykop, 4 onbeslis)
Vanjaar[5]105/4
(0 gelykop, 1 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings6/9 (eerste in 2007)
Beste uitslagSuper Twaalf (in 2021)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
6 (eerste in 2008)
Beste uitslagKampioen (in 2015 en 2023)
EDI-klere
T20I-klere

Die Skotse nasionale krieketspan (Engels: Scotland national cricket team; Skots-Gaelies: Sgioba nàiseanta criogaid na h-Alba; Skots: Scotland naitional cricket team) is die nasionale krieketspan wat Skotland in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Skotland deur Krieket Skotland (CS, van Engels: Cricket Scotland) beheer. Skotland speel sy tuiswedstryde meestal op The Grange Club, Edinburg. Saam met Nederland is Skotland tradisioneel een van die sterker Europese nasionale krieketspanne na die toetslande Engeland en Ierland.

Wedywering met Ierland is gestig toe die eerste spanne in 1888 teen mekaar gespeel het.[6] Tot in die vroeë 1990’s is Skotland (net soos Ierland) in internasionale krieket amptelik verteenwoordig deur die Engelse nasionale krieketspan[7][8] wat as ’t ware die span van die hele Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland was. Skotland het ná die verbreking van bande met die Engelse nasionale krieketspan twee jaar vroeër in 1994 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad geword.[9] Sedertdien het hulle aan drie krieketwêreldbekertoernooie (in 1999, 2007 en 2015) en ses T20I-wêreldbekertoernooie (in 2007, 2009, 2016, 2021, 2022 en 2024) deelgeneem. Hul eerste oorwinning in enige van hierdie toernooie het egter eers gekom nadat hulle Hongkong tydens die T20I-wêreldbeker 2016 verslaan het.[10] Daarbenewens het Skotland twee wedstryde tydens die 1999-toernooi tuis gespeel en sodoende die eerste assosiaatland geword om wêreldbekerwedstryde aan te bied. Skotland het aan al die IKR Interkontinentale Bekertoernooie deelgeneem en ook die eerste toernooi in 2004 gewen. Tussen 2010 en 2013 het die span aan die ECB 40 as die Skotse Saltires meegeding.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Skotland ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[11] Skotland is tans (Junie 2024) 13de op die eendagranglys en 12de op die Twintig20-wêreldranglys.[12][13]

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "Ireland and Scotland lock horns with one eye on the ICC Cricket World Cup 2015". Krieket Ierland. 7 September 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op 26 Februarie 2020.
  7. (en) "The history or Cricket in Scotland". Krieket Skotland. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2017. Besoek op 27 Januarie 2017.
  8. (en) Wisden Cricketers’ Almanack (128 uitg.). John Wisden & Co Ltd. 1991. pp. 293, 1321. ISBN 0-947766-16-2.
  9. (en) "Scotland". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op 26 Januarie 2020.
  10. (en) Deivarayan Muthu (12 Maart 2016). "Scotland end win drought at ICC global events". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
  11. (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 16 Junie 2024.
  12. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 16 Junie 2024.
  13. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 Junie 2024. Besoek op 16 Junie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search