Skrotum

Anatomie van die manlike geslagsorgane:
1. Blaas, 2. Skaambeen, 3. Penis, 4. Swelliggaam, 5. Eikel, 6. Voorhuid, 7. Urinebuis, 8. Dikderm, 9. Rektum, 10. Saadblasie, 11. Saadleier, 12. Prostaat, 13. Cowper se klier, 14. Anus, 15. Saadleier, 16. Bytestis, 17. Testis, 18. Skrotum

Die skrotum (sinonieme: teelsak, balsak) is die sak waarin die testikels (teelballe) hang. Dit bestaan uit 'n dun huidlaag met 'n spierlagie daaronder en is deur 'n tussenskot in twee verdeel. Dit kan beskryf word as 'n uitstulping van die abdomen van vel en spier waarin die testikels rus.[1] Die anatomiese ligging daarvan is tussen die penis en die anus. By sekere soogdiere soos die mens, raak die basis van die skrotum bedek met pubiese hare wanneer puberteit aanbreek. Die leek verwar dikwels die skrotum met die testikels. Die skrotum is homoloog aan die labia majora in die vroulike geslag.

  1. "Science : Bumpy lifestyle led to external testes – 17 August 1996 – New Scientist" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2015. Besoek op 6 November 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search