Slaap

Slaap word verbind met ’n toestand van spierontspanning en ’n afname in die waarneming van stimulusse uit die omgewing.
’n Slapende hond in ’n straat in Somaliland, 2019.

Slaap is ’n natuurlike toestand van die liggaam en gees wat gekenmerk word deur ’n veranderde bewustheid, relatief min sintuiglike aktiwiteit, minder spieraktiwiteit, die onderdrukking van byna alle willekeurige spiere tydens die REM-slaapfase,[1] en verminderde wisselwerkings met die omgewing.[2] Dit word van ’n wakker toestand onderskei deur ’n afname in die vermoë om op stimulusse te reageer, maar dit is meer reaktief as ’n koma of bewussynsteurings en toon baie verskillende en aktiewe breinpatrone.

Slaap kom in herhalende fases voor waarin die liggaam wissel tussen twee afsonderlike modusse: REM-slaap en nie-REM- of NREM-slaap. Hoewel REM in Engels vir rapid eye movement ("vinnige oogbewegings") staan, het hierdie slaapmodus baie ander aspekte, insluitende feitlike verlamming van die liggaam. ’n Bekende aspek van slaap is ’n droom, ’n ervaring in min of meer ’n vertellende vorm wat baie met ’n wakker toestand ooreenstem, maar later gewoonlik as ’n fantasie onderskei kan word. Gedurende slaap is die grootste deel van die liggaam se stelsels in ’n anaboliese toestand, en dit help om die immuun-, senu-, skelet- en spierstelsels te herstel; dit is belangrike prosesse wat die gemoedstoestand-, geheue- en kognitiewe funksies onderhou en ’n groot rol speel in die werking van die endokriene en immuunstelsel.[3]

Die interne horlosie van die liggaam bevorder daaglikse slaap tydens die nagure. Die uiteenlopende doele en meganismes van slaap is die onderwerp van aansienlike en voortdurende navorsing.[4] Slaap is algemene gedrag dwarsdeur die evolusie van diere.[5]

Mense kan aan verskeie slaapversteurings ly, soos slapeloosheid, slaapsug, slaapwandelary en slaapritmesteurings. Die gebruik van kunsmatige lig het die mens se slaappatrone aansienlik verander.[6]

  1. Ferri R., Manconi M., Plazzi G., Bruni O., Vandi S., Montagna P., Zucconi M. (2008). "A quantitative statistical analysis of the submentalis muscle EMG amplitude during sleep in normal controls and patients with REM sleep behavior disorder". Journal of Sleep Research. 17 (1): 89–100. doi:10.1111/j.1365-2869.2008.00631.x.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. "Brain Basics: Understanding Sleep". Office of Communications and Public Liaison, National Institute of Neurological Disorders and Stroke, US National Institutes of Health, Bethesda, MD. 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2007. Besoek op 10 Desember 2013.
  3. "Sleep-wake cycle: its physiology and impact on health" (PDF). National Sleep Foundation. 2006. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2017. Besoek op 24 Mei 2017.
  4. Bingham, Roger; Sejnowski, Terrence; Siegel, Jerry; Dyken, Mark Eric; Czeisler, Charles (Februarie 2007). "Waking Up To Sleep" (Several conference videos). The Science Network. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2011. Besoek op 25 Januarie 2008.
  5. Joiner, William J. (Oktober 2016). "Unraveling the Evolutionary Determinants of Sleep". Current Biology. 26 (20): R1073–R1087. doi:10.1016/j.cub.2016.08.068. PMC 5120870. PMID 27780049.
  6. Randall, David K. (19 September 2012). "Book excerpt: How the lightbulb disrupted our sleeping patterns and changed the world". National Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op 31 Augustus 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search