Slag van Boomplaats

Slag van Boomplaats

Kaart van die slagveld.
Datum 29 Augustus 1848
Ligging naby die Oranjerivier
Resultaat Britse oorwinning
Strydende partye
Groot-Brittanje Voortrekkers
Bevelvoerders
Sir Harry Smith Andries Pretorius
Sterkte
1 200 300
Ongevalle
22 7

Die Slag van Boomplaats is 'n veldslag wat op 29 Augustus 1848 naby Jagersfontein tussen Voortrekkers onder Andries Pretorius en Britse magte van Harry Smith plaasgevind het. Pretorius was in bevel van ongeveer 300 man teenoor Smith se 1 200 man. Hoewel die Britte die slag gewen het en Pretorius se mag op die vlug moes slaan, het hy slegs sewe ongevalle gehad teenoor die twee-en-twintig (sestien volgens sommige bronne) aan die Britse kant. Die slag was die eerste gewapende stryd van die Boere teen Britse besetting van die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier. Die nasleep daarvan het ook gelei tot die eerste teregstelling van 'n Kaapse Rebel deur die Britse owerheid in die Kaap.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search