Sol Plaatje

Sol Plaatje
Sol Plaatje ca. 1900
Sol Plaatje ca. 1900
Gebore
Solomon Tshekisho Plaatje

9 Oktober 1876
Sterf19 Junie 1932
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepJoernalis, skrywer en politikus
Bekend virStigterslid van die ANC
Politieke partyAfrican National Congress
Die South African Native National Congress se delegasie in Londen, Junie 1914. Van links tot regs: Thomas Mapike, eerw. Walter Rubusana, eerw. John Dube, Saul Msane, Sol Plaatje.

Solomon Tshekisho (Sol) Plaatje (9 Oktober 187619 Junie 1932) staan internasionaal bekend as 'n veeltalige Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus wat 'n stigtingslid van die SANNC (South-African Native National Congress) is, nou bekend as die ANC.

Die boorling van Boshof, Oranje-Vrystaat, is 'n eersterangse taalkenner, wat naas sy moedertaal Tswana, die hooftaal van Botswana, ook Engels, Afrikaans, Nederlands, Frans, Duits, Sotho, Zoeloe en Xhosa kon praat. Hy vertaal 'n aantal werke van Swart skrywers in Europese tale, en Engelse werke, met name dié van William Shakespeare, in Tswana.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (Anglo-Boereoorlog) van 1899 tot 1902 werk hy as 'n oorlogsjoernalis, later as uitgewer van die koerante Koranta ea Becoana (1901–1908) en Tsala ea Batho ("Volksvriend", sedert 1912). Hy dien as sekretaris-generaal van die African National Congress (ANC) en reis as aktivis van die Swart burgerregte-beweging verskeie keer na Kanada (1920), die Verenigde State (1921) en Europa. Hy is op 19 Junie 1932 in Johannesburg oorlede.

In 2007 stel die Engelse Akadamie van Suid-Afrika die Sol Plaatje Prys vir Vertaling tot sy nagedagtenis in.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search