Solidariteit

Hierdie artikel handel oor die Suid-Afrikaanse vakbond. Vir die Poolse vakbond, sien Solidarność.
Solidariteit
Solidariteit
Solidarity
Gestig22 Junie 1902
Lede202,283 (2024)[1]
LandSuid-Afrika
AffiliasieITUC, CONSAWU
SleutelpersoneFlip Buys (voorsitter)
Dirk Hermann (uitvoerende hoof)
Steve Scott (president)
KantoorliggingPretoria (Suid-Afrika)
Webwerfwww.solidariteit.co.za

Solidariteit is 'n vakbond wat namens sy lede in die werkplek onderhandel en hom beywer om werkers se regte te beskerm. Hoewel die vakbond dikwels by sake van politieke belang betrokke is, verbind Solidariteit hom tot geen politieke party nie. Solidariteit bied tans 'n diens aan nagenoeg 190 000 lede in alle beroepsvelde, kollektief en professioneel. Die vakbond het meer as 16 dienskantore landwyd en lede word deur meer as 300 personeellede en 800 vakbondverteenwoordigers in duisende maatskappye bedien.[2]

Solidariteit is gevestig in die Christelike tradisie van vakbondwese en glo daarom dat hy sy lede tot selfstandigheid moet lei sodat hulle hul roeping kan nastreef. Solidariteit se optrede word deur sy Christelike waardestelsel bepaal. Omdat Solidariteit 'n vakbond in die Christelike tradisie van vakbondwese is, is dit dus anders as die meerderheid van die ander Suid-Afrikaanse vakbonde wat 'n sosialistiese inslag het. Solidariteit fokus nie slegs op die beskerming van lede in die werkplek nie, maar het 'n netwerk van werk ontwikkel wat poog om sy lede op hul loopbaanpad te beskerm, te bemagtig en te ondersteun.

  1. "Who We Are – Solidarity Today". solidaritysa.co.za (in Latyn). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2012. Besoek op 23 September 2008.
  2. "Solidarity’s growth spurt reflects hard economic times", Daily Maverick, 5 Augustus 2019. Besoek op 28 November 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search