Sonnedou

Sonnedou
Drosera derbyensis
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Superasterids
Orde: Caryophyllales
Familie: Droseraceae
Genus: Drosera
L., (1753)
Spesies
Sien teks
Sinonieme
  • Adenopa Raf.
  • Dismophyla Raf.
  • Drossera Gled.
  • Esera Neck.
  • Filicirna Raf.
  • Freatulina Chrtek & Slavíková
  • Rorella Hill
  • Rossolis Adans.
  • Sondera Lehm.

Sonnedou verwys na 'n genus van plante (Drosera) wat met sy 252 spesies, die tweede grootste genus vleisvretende plante vorm. Kenmerkend is die blare wat gomkliere besit en waardeur prooi gelok en gevang word. So kan dié plante ook in voedingstofarme grond gedy, soos in vene.

Beide die botaniese naam (van die Antieke Grieks δρόσος: drosos = "dou, doudruppels") sowel as die Afrikaanse naam, verwys na die glansende druppels gom wat op die blare voorkom.

Die genus is amper wêreldwyd verspreid. Hoof-verspreidingsgebiede is Australië, Suid-Amerika en Suid-Afrika. Talle soorte word deur menslike uitbreiding en aktiwiteite bedreig, terwyl enkeles as troetelplante aangehou word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search