Sosatie

Gebraaide sosaties.

'n Sosatie of kabab is 'n eg Suid-Afrikaanse gereg wat van blokkies skaap-, vark- of hoendervleis gemaak word. Die vleis word in kleinerige blokkies opgesny en in 'n vleis- of sosatiepen ingeryg, soms met ander lekkernye soos sampioene of gedroogde vrugte. Dit kan ook met marinade of kerrie gegeur word. Sosaties word verkieslik op 'n rooster oor 'n houtvuur gebraai, maar kan ook in 'n oond gaargemaak word.[1]

Sosaties is oorspronklik van Kaap-Maleisiese afkoms. Die naam is van die Maleise woord soesatoe afgelei, wat mengelmoes beteken. Sosatie is moontlik deur Maleise kokke in Suid-Afrika in gebruik gebring.[2]

  1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Rosenthal, Eric 1967.
  2. Cloete, A E; Jordaan A, Liebenberg, HC; Lubbe, HJ. Etimologiewoordeboek Van Afrikaans. Buro van die WAT 2003; ISBN 0-9584401-3-1

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search