Spaanse nasionale rugbyspan

Spanje
Unie Spaanse Rugbyfederasie (FER)
Bynaam(e) Los Leones (“die leeus”)
Embleem Leeu
Stadion Estadio Nacional Complutense, Madrid
Kapasiteit 12 400
Afrigter(s) Vlag van Argentinië Pablo Bouza (sedert 2023)
Kaptein(s) Fernando López
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Francisco Puertas (93)[1]
Meeste punte Esteban Roqué (285)[2]
Meeste drieë César Sempere (31)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Spanje Spanje 9–0 Italië Vlag van Italië
(Barcelona, Spanje; 20 Mei 1929)
Grootste oorwinning
Vlag van Spanje Spanje 90–8 Tsjeggië Vlag van Tsjeggië
(Madrid, Spanje; 2 April 1995)
Grootste nederlaag
Vlag van Spanje Spanje 10–92 Australië Vlag van Australië
(Madrid, Spanje; 1 November 2001)
Wêreldbeker
Verskynings 1/10 (Eerste in 1999)
Beste uitslag Laaste in groep in 1999
Unie webwerf
www.ferugby.es

Die Spaanse nasionale rugbyspan (Spaans: Selección nacional de rugby de España) is die nasionale rugbyspan wat Spanje in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span se bynaam is Los Leones (“die leeus”). Rugby word in Spanje geadministreer deur die Spaanse Rugbyfederasie (Federación Española de Rugby, FER) wat in 1923 gestig is. Spanje word deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Daarmee behoort Spanje tot die beste Europese rugbyspanne naas die Sesnasies. Die Spaanse rugbyspan is tans (Maart 2024) 19de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

Spanje het in 1929 sy eerste toetswedstryd teen Italië gespeel. Spanje het tot dusver vir een rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer, maar hulle is in 1999 reeds in die groepfase uitgeskakel. Hulle het tydens die Europese Rugbykampioenskap nog geen titel ingepalm nie, vier keer as naaswenner en sewe keer in die derde plek geëindig. Die Spaanse span speel tradisioneel in rooi truie met blou broeke en blou sokkies.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 19 Maart 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 19 Maart 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 19 Maart 2024.
  4. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 19 Maart 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search