Spiraalsterrestelsel

’n Voorbeeld van ’n spiraalsterrestelsel, die Windmeul-stelsel, ook bekend as Messier 101 of NGC 5457.
Die staaf-spiraalsterrestelsel UGC 12158.
Die spiraalstelsel NGC 1345.

’n Spiraalsterrestelsel is ’n soort sterrestelsel wat aanvanklik deur Edwin Hubble beskryf is in sy 1936-werk The Realm of the Nebulae.[1] Dié stelsels bestaan uit ’n plat, roterende skyf van sterre, gas en stof en ’n bolvormige, sentrale verdikking. Dit word omring deur ’n baie dowwer halo van sterre, waarvan baie bolswerms vorm.

Die naam kom van die spiraalagtige strukture wat van die middel van die stelsel na buite loop. Voortdurende stervorming vind in die spiraalarms plaas en hulle is helderder as die omringende skyf vanweë die jong, warm OB-sterre wat in hulle voorkom.

Rofweg twee derdes van alle spiraalstelsels het ’n bykomende komponent in die vorm van ’n staafvormige struktuur,[2] wat van die middelste bol af loop; aan die einde daarvan begin die spiraalarms. Ons eie Melkweg is ’n staaf-spiraalsterrestelsel, hoewel die staaf self moeilik sigbaar is vanuit ons posisie in die galaktiese skyf.[3] Die mees oortuigende bewyse vir ’n staaf in die Melkweg kom van ’n onlangse opname deur die Spitzer-ruimteteleskoop van sterre in die galaktiese middel.[4]

Saam met onreëlmatige sterrestelsels maak spiraalstelsels sowat 60% van sterrestelsels in die plaaslike deel van die heelal uit.[5] Hulle word gewoonlik in minder digte gebiede aangetref en selde in die middel van sterrestelselswerms.[6]

  1. Hubble, E. P. (1936). The Realm of the Nebulae. New Haven: Yale University Press. ISBN 0-300-02500-9.
  2. D. Mihalas (1968). Galactic Astronomy. W. H. Freeman. ISBN 978-0-7167-0326-6.
  3. Ripples in a Galactic Pond, Scientific American, Oktober 2005
  4. Benjamin, R. A.; Churchwell, E.; Babler, B. L.; Indebetouw, R.; Meade, M. R.; Whitney, B. A.; Watson, C.; Wolfire, M. G.; Wolff, M. J. (2005). "First GLIMPSE Results on the Stellar Structure of the Galaxy". The Astrophysical Journal Letters. 630 (2): L149–L152. arXiv:astro-ph/0508325. Bibcode:2005ApJ...630L.149B. doi:10.1086/491785. {{cite journal}}: Onbekende parameter |month= geïgnoreer (hulp)
  5. Loveday, J. (1996). "The APM Bright Galaxy Catalogue". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 278 (4): 1025–1048. arXiv:astro-ph/9603040. Bibcode:1996MNRAS.278.1025L. {{cite journal}}: Onbekende parameter |month= geïgnoreer (hulp)
  6. Dressler, A. (1980). "Galaxy morphology in rich clusters — Implications for the formation and evolution of galaxies". The Astrophysical Journal. 236: 351–365. Bibcode:1980ApJ...236..351D. doi:10.1086/157753. {{cite journal}}: Onbekende parameter |month= geïgnoreer (hulp)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search