Sporangium

Volwasse sporangium van 'n Mucor-skimmel
Mos-sporangieë (kapsules)
Sporangieë (sori) op 'n varing blaar
Equisetum arvense strobilus wat oopgesny is om sporangia te vertoon

'n Sporangium (meervoud: sporangia, sporangieë of sporangiums) is 'n plant- of swamstruktuur wat spore produseer en bevat. Sporangieë kom voor in angiosperme (bedeksadige plante), gimnosperme (naaksadiges), varings, varingagtiges, mosse, alge, en swamme.

Mikrosporangieë is die strukture op die meeldrade van blomme genaamd anters of helmknoppies en die stuifmeel-produserende strukture op die mikrosporofille van manlike keëls van keëldraende plante.

Megasporangieë is vergelykbare "vroulike" strukture op hierdie plante wat geassosieer word met die blom vrugblaar en die megasporangiële keël.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search