Sri Lankaanse nasionale krieketspan

Sri Lanka
Kenteken van die Sri Lankaanse nasionale krieketspan
BynaamThe Lions („die leeus“)
KonferensieSri Lanka Krieket
Personeel
ToetskapteinDhananjaya de Silva
EDI-kapteinKusal Mendis
T20I-kapteinWanindu Hasaranga
AfrigterVlag van Engeland Chris Silverwood
Geskiedenis
Toetsstatus verkry1981
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (1965)
Volle lid (1981)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans[1] Beste rang tot dusver
Toetsrang7de2de (2002)
EDI7de1ste (1996)
T20I8ste1ste (2012)
Toetse
Eerste toetst Vlag van Engeland Engeland op P. Sara-ovaal, Colombo; 17–21 Februarie 1982
Laaste toetst Vlag van Bangladesj Bangladesj op Zahur Ahmed Chowdhury-stadion, Chittagong; 30 Maart–3 April 2024
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[2]316103/121 (32,59%)
(0 gelykop, 92 onbeslis)
Vanjaar[3]33/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Wêreldtoets-
kampioenskappe
3/3 (eerste in 2019–2021)
Beste uitslag5de plek (in 2021–2023)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Wes-Indië Wes-Indië op Old Trafford, Manchester; 7 Junie 1975
Laaste EDIt Vlag van Bangladesj Bangladesj op Zahur Ahmed Chowdhury-stadion, Chittagong; 18 Maart 2024
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]918421/452 (45,86%)
(5 gelykop, 40 onbeslis)
Vanjaar[5]96/2
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings13/13 (eerste in 1975)
Beste uitslagKampioen (in 1996)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
2 (eerste in 1979)
Beste uitslagKampioen (in 1979 en 2023)
Kampioenetrofee-verskynings8/8 (eerste in 1998)
Beste uitslagKampioen (in 2002)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Engeland Engeland op Rose Bowl, Southampton; 15 Junie 2006
Laaste T20It Vlag van Nederland Nederland op Daren Sammy-krieketveld, Gros Islet; 16 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[6]19286/100 (44,79%)
(4 gelykop, 2 onbeslis)
Vanjaar[7]127/5
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings9/9 (eerste in 2007)
Beste uitslagKampioen (in 2014)
Toetsklere
EDI-klere
T20I-klere

Die Sri Lankaanse nasionale krieketspan (Singalees: ශ්‍රී ලංකා ජාතික ක්‍රිකට් කණ්ඩායම; Tamil: இலங்கை தேசிய கிரிக்கெட் அணி), met die bynaam The Lions (Engels vir: „die leeus“), is die nasionale krieketspan wat Sri Lanka in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Sri Lanka Krieket (SLC) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Die span het sy eerste internasionale krieketwedstryd in 1926/27 (as Ceylon) gespeel en in 1981 toetsstatus verkry, wat van Sri Lanka die agtste toetsland, en die derde in Asië, maak. Sri Lanka is tans (Junie 2024) sewende op die IKR-toetsranglys, sewende op die eendagranglys en agtste die Twintig20-wêreldranglys.[8][9][10]

Sri Lanka se nasionale krieketspan behaal groot sukses in die vroeë 1990’s, wat hulle ’n buitekans sou gee om die wêreldbeker in 1996 te wen. Sedertdien het die span tot ’n krag in internasionale krieket ontwikkel. Sri Lanka haal die eindstryd van die 2007 en 2011-toernooie, maar hulle eindig by albei dié toernooie as naaswenners.[11]

Sri Lanka het die Wêreldbekertoernooi in 1996 gewen, die Kampioenetrofee 2002 (medekampioen met Indië), is agtereenvolgende naaswenners in die krieketwêreldbekertoernooie van 2007 en 2011 en naaswenners in die T20I-wêreldbekertoernooie in 2009 en 2012. Die Sri Lankaanse krieketspan hou op die oomblik ’n paar wêreldrekords, insluitend die rekord vir hoogste spantotale in al drie vorms van die spel: toets-, eendag- en Twintig20-wedstryde. Vier voormalige Sri Lankaanse spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

Die kolfwerk van Sanath Jayasuriya, Aravinda de Silva, Mahela Jayawardene en Kumar Sangakkara gerugsteun deur die boulwerk van Muttiah Muralitharan, Chaminda Vaas en Lasith Malinga, asook baie ander talentvolle spelers, ondersteun die sukses van Sri Lanka se krieket gedurende die laaste twee dekades.

  1. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  2. (en) "Test matches – Team records". ESPNcricinfo.
  3. (en) "Test matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  4. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 18 Junie 2024.
  9. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 18 Junie 2024.
  10. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 Junie 2024. Besoek op 18 Junie 2024.
  11. (en) "Team Sri Lanka at Cricket World Cups". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2017. Besoek op 12 November 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search