Steenbok (sterrebeeld)

Vir ’n artikel oor die sterreteken Steenbok, sien Steenbok (sterreteken).
Steenbok
Latynse naam Capricornus
Genitief Capricorni
Afkorting Cap
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 21h
Deklinasie -20º
Grootte 414 vk. grade (40ste)
Kwadrant SQ4
Besonderhede
Hoofsterre 9, 13, 23
Helderste ster Delta Capricorni
Naaste ster LP 816-60
Sterre helderder as 3 m 1
Sterre met planete 4
Messier-voorwerpe 1
Bayer-/Flamsteed-sterre 49
Meteoorreëns Alpha Capricornids, Chi Capricornids, Sigma Capricornids, Tau Capricornids, Capricorniden-Sagittariids
Aangrensende sterrebeelde
Waterdraer, Arend, Boogskutter, Mikroskoop, Suidelike Vis
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Steenbok (Latyn: Capricornus) is ’n sterrebeeld in die diereriem. Sy Latynse naam beteken "bok met horings" of "bokhoring" en dit word gewoonlik uitgebeeld as ’n see-bok, ’n mitiese wese wat half bok en half vis is. Sy simbool is (Unicode ♑).

Die Steenbok is een van die 88 moderne konstellasies en ook een van die 48 sterrebeelde wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus genoem word. Die moderne sterrebeeld grens aan die Arend, Boogskutter, Mikroskoop, Suidelike Vis en Waterdraer. Dit lê in ’n gebied van die lugruim wat as "die See" bekend is omdat dit uit baie sterrebeelde bestaan wat met water te doen het, soos die Waterdraer, Visse en Eridanus. Dit is die kleinste sterrebeeld in die diereriem en die tweede dofste naas die Kreef.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search