Sterreswerm

Die Plejades, 'n oop sterreswerm wat oorheers word deur warm, blou sterre wat deur neweldeinserigheid omring word.
Die bolswerm Messier 15, afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Messier 67, die naaste oop swerm aan die Aarde.

’n Sterreswerm[1] is ’n groot groep sterre. Twee soorte word onderskei: bol- en oop swerms. Eersgenoemde is ’n digte groep wat uit honderdduisende tot miljoene baie ou sterre bestaan wat swaartekraggebonde is, terwyl laasgenoemde yler is en gewoonlik hoogstens ’n paar honderd jonger sterre bevat.

Oop swerms versprei mettertyd weens die swaartekraginvloed van reusagtige molekulêre wolke terwyl hulle deur die hemelruim beweeg, maar al die sterre in die groep sal min of meer in dieselfde rigting bly beweeg al is hulle nie meer swaartekraggebonde nie. Hulle is dan bekend as sterassosiasies en soms as bewegingsgroepe.

Sterreswerms wat met die blote oog gesien kan word, sluit in die Plejades en Hiades.

  1. Van Zyl, J.E. Ontsluier die heelal, Protea Boekhuis, Pretoria. Tweede uitgawe. 2002. Gedruk en gebind deur Interpak. SBN 191-9-8254-44

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search