Steve McQueen

Steve McQueen
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
McQueen in 1959 in Wanted: Dead or Alive.

Geboortenaam Terence Steven McQueen
Geboorte (1930-03-24)24 Maart 1930;
Beech Grove, Indiana, VSA
Sterfte 7 November 1980 (op 50); Ciudad Juárez, Chihuahua, Mexiko
Aktiewe jare 1953-1974,
1978-1980

Terence Steven "Steve" McQueen (24 Maart 19307 November 1980) was ’n Amerikaanse akteur. Met sy antiheld-persoonlikheid tydens die hoogtepunt van die teenkultuurbeweging van die 1960's was die "King of Cool", soos hy genoem is, in die 1960's en 1970's ’n top-aantrekkingskrag by die loket.

Hy het ’n Oscar-benoeming gekry vir sy spel in The Sand Pebbles. Sy ander gewilde prente was onder meer The Cincinnati Kid, The Thomas Crown Affair, Bullitt, The Getaway en Papillon, en hy was een van ’n hele span bekende akteurs in prente soos The Magnificent Seven, The Great Escape en The Towering Inferno.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search