Straat van Korea | |
---|---|
Kaart van die Straat van Korea | |
Koördinate: | 34°35′58″N 129°47′48″O / 34.59944°N 129.79667°O |
Ligging: | Korea en Japan |
Soort: | Seestraat tussen die Oos-Chinese See, die See van Japan en die Geelsee |
Gemiddelde diepte: | 90–100 m (300 vt) |
Maksimum diepte: | 227 m |
Breedte: | 200 km (120 myl) |
Eiland/e: | Tsushima, Iki, Jeju |
Nedersettings: | Busan (Suid-Korea), Fukuoka (Japan) |
Die Straat van Korea is 'n seestraat in Oos-Asië wat Korea (Suid-Korea) van Japan skei en die Oos-Chinese See, die See van Japan en die Geelsee met mekaar verbind. Dit grens in die noorde aan die suidelike kus van die Koreaanse Skiereiland en in die suide aan die suidwestelike Japanse eilande Kioesjoe en Honsjoe. Dit is sowat 200 km breed en het 'n gemiddelde diepte van 90 tot 100 m.
Die belangrikste hawestede langs die Straat van Korea is Busan in Suid-Korea en Fukuoka in Japan. Tydens die Russies-Japanse oorlog het op 27–28 Mei 1905 die Slag van Tsushima in die Straat van Korea plaasgevind.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search