Suid-Afrikaanse pond

Voor en agterkant van 'n 100 pond-banknoot
Voor en agterkant van 'n 2,5 sjieling munt van 1924

Die Britse pond is in 1825 deur 'n koninklike bevel as wettige betaalmiddel in alle Britse kolonies ingestel.

Voor 1825 was verskeie geldeenhede in omgang in die Kaapkolonie en mense het gebruik gemaak van 'n wisselkoers wat in 1806 deur die Britse Kommandant Baird gepubliseer is.[1]

Op daardie stadium was slegs die Kaap die Goeie Hoop 'n Britse gebied en het die pond die Nederlandse gulden vervang. Soos tyd verloop het, het alle Britse gebiede in Suidelike Afrika die pond begin gebruik.

Die pond was onderverdeel in 20 sjielings. 'n Sjieling was gelykstaande aan 12 pennies.

  1. Rosenthal, Eric (1965). From Barter to Barclays. Johannesburg: Barclays Bank.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search