Suid-Amerika Rugby

Suid-Amerika Rugby
Kenteken van Suid-Amerika Rugby
Kenteken van Suid-Amerika Rugby
Spaanse en Portugese naam Sudamérica Rugby
Afkorting SAR
Vasteland Suid-Amerika
Lede 16
Sportsoorte Rugby, Sewesrugby
Gestig op 14 Oktober 1988
Gestig in Asunción, Paraguay
Sambreelorganisasie Wêreldrugby
Aangesluit in 1988
President Sebastián Piñeyrúa (Vlag van Uruguay Uruguay)
Setel Buenos Aires, Argentinië
Amptelike tale Spaans en Portugees
Amptelike webwerf sudamerica.rugby

Suid-Amerika Rugby (Spaans en Portugees: Sudamérica Rugby, afgekort “SAR”) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Suid-Amerika. Hulle is ook een van Wêreldrugby se ses kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 1988 gestig en hulle hoofkantoor is in Buenos Aires, Argentinië, geleë. Die amptelike tale is Spaans en Portugees en Sebastián Piñeyrúa dien as president van Suid-Amerika Rugby.

Suid-Amerika Rugby organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Amerikas Rugbykampioenskap (saam met Rugby Amerikas Noord) en die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Suid-Amerika Rugby hou ook toesig oor Sewesrugby in Suid-Amerika en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Pan-Amerikaanse Sportorganisasie (PASO) saam.

In 1988 is Suid-Amerika Rugby in Asunción, Paraguay, deur Argentinië, Brasilië, Chili, Paraguay en Uruguay as CONSUR gestig.[2] In 2015 is CONSUR in Suid-Amerika Rugby hernoem.

  1. (en) "South America". Wêreldrugby. Besoek op 17 Desember 2023.
  2. (es) "Historia". Suid-Amerika Rugby. 2021. Besoek op 17 Desember 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search