Surveyor-program

Die Surveyor program was 'n NASA program wat vanaf Junie 1966 tot Januarie 1968 gestrek het. Daar is sewe onbemande, robot tipe ruimtetuie na die maan gestuur. Die primêre doelwit was om te bewys dat sagte landings op die maan moontlik was. Die Surveyor-ruimtetuie is die eerste Amerikaanse ruimtetuie wat 'n sagte landing (teenoor impak landings) op 'n ander hemelliggaam suksesvol gedoen het. Die sendings het behels dat die ruimtetuie direk na die maan vlieg op 'n impak baan. Die tog het ongeveer 63 tot 65 ure geduur en het geëindig met 'n negatiewe versnelling vir die tuie sodat hulle 'n sagte landing op die maan kon maak.[1]

Die program is geïmplementeer deur NASA se Jet Propulsion Laboratory en het as voorbereiding gedien vir die Apollo-program. Die program het in 1960 begin. JPL het Hughes Aircraft in 1961 aangestel om die ontwikkeling van die ruimtetuig te doen.[1] Die totale koste van die Surveyor-program was amptelik $469 miljoen.

Vyf van die Surveyor ruimtetuie het suksesvol 'n sagte landing op die maan uitgevoer, insluitend die eerste een. Twee sendings was mislukkings: Surveyor 2 het met 'n hoë snelheid teen die maan gebots na 'n middebaan korreksie misluk het en daar is kontak met Surveyor 4 verloor 2.5 minute voordat dit moes land.

Al sewe ruimtetuie is nog steeds op die maan, nie een van die sendings het 'n terugkeer na die aarde vereis nie. Sekere gedeeltes van Surveyor 3 is teruggebring na die Aarde deur die bemanning van Apollo 12, wat naby dit geland het in 1969. Die kamera van Surveyor 3 word vertoon by die National Air and Space Museum in Washington, D.C.[2]

  1. 1,0 1,1 Kloman (1972). "NASA Unmanned Space Project Management - Surveyor and Lunar Orbiter" (PDF). NASA SP-4901.
  2. https://nssdc.gsfc.nasa.gov/nmc/spacecraft/display.action?id=1967-035A – 24 January 2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search