Surveyor 4

Surveyor 4 was die vierde onbemande, ruimtetuig in die Amerikaanse Surveyor-program wat gestuur is om die oppervlakte van die Maan te verken. Die ruimtetuig het na 'n andersins foutlose sending neergestort; telemetrie kontak is 2,5 minute voor landing verloor. Die beplande landingsgebied was Sinus Medii (Sentraalbaai) op 0,4° noorderbreedte en 1,33° westerlengte.

Surveyor 6 het 'n paar maande later, in November 1967, suksesvol naby die ongeluksplek van Surveyor 4 geland.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search