Suwon

Suwon
수원시

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Suid-Korea Suid-Korea
 Streek Sudogwon
 Koördinate 37°16′N 127°01′O / 37.267°N 127.017°O / 37.267; 127.017
 Stigting 757
 Oppervlakte:  
 - Totaal 121,04 vk km
 Hoogte bo seevlak m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 1 241 311
 - Bevolkingsdigtheid 10 255/vk km
 Tydsone UTC +9 (KST)
 Burgemeester Yeom Tae-Young
 Amptelike webwerf suwon.go.kr

Suwon (Koreaans: 수원시, [sʰu.wʌn], letterlik: "waterbron") is die sewende grootste stad naas die nasionale hoofstad Seoel, Busan, Incheon, Daegu, Daejeon en Gwangju in die suidweste van Suid-Korea en lê in die suidweste van die Koreaanse Skiereiland. Die stad het 'n bevolking van 1 241 311 in 2019 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 121,1 km². Die stad is 48 km suidoos van die hoofstad Seoel geleë en omring die hoofstad se Metro. Dit was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.

Dit is die hoofstad en grootste stad van Gyeonggi-do, die digsbevolkte provinsie van Suid-Korea. Met 'n bevolking van byna 1,3 miljoen, is dit groter as Ulsan, hoewel dit nie as 'n metropolitaanse stad beheer word nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search