T.T. Cloete

T.T. Cloete
Geboortenaam Theunis Theodorus Cloete
Gebore 31 Mei 1924
Vredefort, Oranje-Vrystaat
Oorlede 29 Julie 2015 (op 91)
Potchefstroom, Noordwes
Alma mater PU vir CHO
Titel Professor
Instelling Universiteit van Port Elizabeth
PU vir CHO
Vakgebied Letterkunde
Bekend vir Verskeie digbundels
Eerbewyse Hertzogprys
W.A. Hofmeyrprys
Ingrid Jonkerprys
Webblad ttcloete.com

Theunis Theodorus Cloete (1924–2015) was 'n bekroonde Afrikaanse digter, Bybelvertaler, letterkundige en akademikus. In die 1970’s was hy by die hersiening van die Afrikaanse Kerkgesange betrokke en later by die 1983-vertaling van die Bybel in Afrikaans.[1] Cloete was vir lank aan die Potchefstroomse Universiteit (nou Noordwes-Universiteit) se Skool vir Tale en Skryfkuns verbonde. Hy het verskeie pryse vir sy werke ontvang, onder andere die Ingrid Jonker-prys, W.A. Hofmeyr-prys, Hertzogprys (twee keer) en die Andrew Murray-prys. Cloete skryf aanvanklik onder die skuilnaam T. Jansen van Rensburg (sy oupa se naam) en publiseer verskeie van sy gedigte in tydskrifte onder die skuilnaam om die water te toets voor hy in 1980 met Angelliera debuteer.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search