Tale in Suid-Afrika

Drietalige regeringsgebou-teken in Afrikaans, Engels en Xhosa in Stellenbosch

Daar word vele tale in Suid-Afrika gepraat. Daar is elf amptelike tale benewens nie-amptelike tale en die tale van immigrante en asielsoekers. Dit maak Suid-Afrika die land ter wêreld met die naasmeeste amptelike tale ná Indië. Terwyl Indië voorkeur gee aan Engels en Hindi, is al elf amptelike tale volgens die Grondwet van Suid-Afrika gelykwaardig. Twee van die amptelike tale (Afrikaans en Engels) is van Germaanse oorsprong, terwyl die ander nege deel vorm van die Bantoetaalfamilie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search