Tamatie

Tamatie
Deursnit en profiel van 'n tamatie wat in 'n kweekhuis geproduseer is.
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Solanales
Familie: Solanaceae
Genus: Solanum
Spesie:
S. lycopersicum
Binomiale naam
Solanum lycopersicum
L., (1753)
Tamaties aan die plant
Rooi tamatie, rou
Voedingswaarde per 100 g
Energie 20 kcal   70 kJ
Koolhidrate     3.9 g
- Suikers  2.6 g
- Dieetvesel  1.2 g  
Vette0.2 g
Proteien 0.9 g
Water94.5 g
Vitamien A gelyk.  42 μg 5%
- β-karoteen  449 μg 4%
Tiamien (Vit. B1)  0.037 mg  3%
Niasien (Vit. B3)  0.594 mg  4%
Vitamien B6  0.08 mg6%
Vitamien C  14 mg23%
Vitamien E  0.54 mg4%
Vitamien K  7.9 μg8%
Kalsium  10 mg1%
Yster  0.27 mg2%
Magnesium  11 mg3% 
Fosfor  24 mg3%
Kalium  237 mg  5%
Natrium  5 mg0%
Sink  0.17 mg2%
Likopeen 2573 µg
Skakel na USDA Databasis-inskrywing
Persentasies is relatief tot VSA
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis

Die woord tamatie kan na die plant (Solanum lycopersicum) verwys, of na die eetbare, gewoonlik pragtige rooi vrug wat dit dra. Die tamatie is oor die wêreld heen versprei gedurende die Spaanse kolonialisering van die Suid-Amerikas, waar dit oorspronklik uit Peru[1] vandaan kom. Dit word nou baie algemeen verbou, insluitend in kweekhuise of plastiektonnels in koeler wêrelddele.

Tamaties word op verskeie maniere verbruik, byvoorbeeld rou, gebraai of gekook as bestanddeel van baie geregte en souse, en ook in drankies. Plantkundig word die tamatie as 'n vrug beskryf, maar vir kookdoeleindes word dit as 'n groentesoort beskou. Dit mag verwarring veroorsaak, soos in 'n hooggeregshofgeding al ondervind is in die VSA.[2]

Die vrug is ryk aan likopeen, wat positiewe gesondheidseienskappe kan bevorder. Die tamatie behoort tot die nagskadu-familie. Die plante groei gewoonlik een tot drie meter (3 tot 10 vt) hoog en beskik oor 'n slap stam wat in die algemeen oor die grond kruip of oor ander plante rank. In sy natuurlike habitat is die tamatie 'n meerjarige plant, maar binnenshuis kan dit as 'n eenjarige gekweek word.

Daar is heelwat natuurlike vyande vir tamaties bv. insekte en roes, 'n soort swam wat gedy wanneer die tamaties te klam bly.

  1. https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:316947-2
  2. Full text of the opinion in Nix v. Hedden courtesy of Findlaw.com.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search