Tambora

Tambora
Tomboro
Die kaldera van die berg Tambora. Die kaldera van die berg Tambora.
Ligging Klein-Soenda-eilande, Indonesië
Hoogte 2 850 meter bo seevlak
Reeks Soendaboog
Koördinate 8°15′S 118°0′O / 8.250°S 118.000°O / -8.250; 118.000
Bergtipe Stratovulkaan
Laaste uitbarsting 1967
Ligging van Tambora Tomboro op 'n kaart (Indonesië)
Tambora Tomboro
Tambora
Tomboro
Ligging in die Indonesië.

Die berg Tambora, of Tomboro, is 'n aktiewe stratovulkaan op die Klein-Soenda-eilande, Indonesië. Dit is gevorm deur die aktiewe subduksiesone onder hom. Voor sy uitbarsting in 1815 was dit meer as 4 300 m hoog, wat dit een van die hoogste pieke in die Indonesiese argipel gemaak het.

Tambora se uitbarsting in 1815 was die grootste in die aangetekende geskiedenis en van die Holoseen (die afgelope 11 700 jaar). Die magmakamer onder Tambora is deur vorige uitbarstings gedreineer en die berg was eeue lank rustend terwyl dit hervul is. Vulkaniese aktiwiteit het in 1815 'n hoogtepunt bereik, wat gelei het tot 'n ontploffende uitbarsting. Die ontploffing is gehoor op die eiland Soematra, meer as 2 000 km van daar. Swaar vulkaanas het geval op plekke soos Borneo, Sulawesi en Java, en die berg se maksimum hoogte is verlaag van sowat 4 300 m tot 2 850 m. Hoewel ramings wissel, was die sterftesyfer minstens 71 000.[1] Die uitbarsting het in die volgende jare wêreldwyd tot klimaatsafwykings gelei, terwyl 1816 bekend geraak het as "die jaar sonder 'n somer" vanwee die impak op die weer van Noord-Amerika en Europa. In die Noordelike Halfrond het oeste misluk en vee gevrek, en dit het die ergste hongersnood van die eeu veroorsaak.

  1. Oppenheimer, Clive (2003). "Climatic, environmental and human consequences of the largest known historic eruption: Tambora volcano (Indonesia) 1815". Progress in Physical Geography. 27 (2): 230–259. doi:10.1191/0309133303pp379ra. S2CID 131663534.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search