Tana-skrif

Tana-skrif
Soort skryfstelsel   Abugida sonder ingeboude klinker
Rigting Regs na links
Tale Dhivehi (Maledive)
Stelsels
Moederstelsels
Hindoe-Arabies (medeklinkers)
  • Arabiese diakritiese tekens (klinkers)
    • Tana-skrif
ISO 15924 Thaa, 170
Unicode Thaana, U+0780–U+07BF
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Tana of Thaana is die moderne skryfstelsel wat gebruik word vir Divehi, die amptelike taal van die Maledive. Tana het eienskappe van beide ’n abugida (’n soort lettrgreepskrif) en ’n alfabet (alle klinkers word geskryf). Die konsonante is afgelei van Arabiese syfers en die klinkers van leestekens wat Arabiese klinkers aandui. Die ortografie daarvan is hoofsaaklik fonemies.

Die Tana-skrif was aanvanklik in ’n ouer, ruwer vorm en is later mettertyd ontwikkel. Dit het grasieuser letters tot gevolg gehad en spasies is tussen woorde geplaas. Die oudste voorbeelde van die Tana-skrif dateer uit 1599 en 1611. Dit is geskryf op die deurkosyne van die hoofmoskee op die eiland Kanditheemu, onderskeidelik toe die moskee se dak gebou en later herstel is.

Tana word, nes Arabies, van regs na links geskryf. Klinkers word aangedui met leestekens wat van Arabies afgelei is. Elke letter moet óf ’n klinker hê óf ’n teken wat aandui dat daar nie ’n klinker is nie.

Die klinkertekens word fili genoem in Divehi. Daar is vyf vir die kort klinkers (a,i,u,e,o); lang klinkers (ā, ē, ī, ō, ū) word met ’n dubbele fili aangedui.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search