Tandepasta

Tandepasta uit 'n buis wat op 'n tandeborsel aangewend word.

Tandepasta is 'n pasta of gel wat saam met 'n tandeborsel gebruik word om 'n mens se tande skoon te maak en die estetika en gesondheid daarvan in stand te hou. Die gebruik van tandepasta bevorder mondhigiëne: dit dien as 'n skuurmiddel wat behulpsaam is met die verwydering van die plaak en kosreste van die tande, help met die onderdrukking van halitose, en verskaf aktiewe bestanddele (mees algemeen fluoried) wat tandbederf en tandvleisontsteking verminder.[1] Sout en natriumbikarbonaat (koeksoda) is twee stowwe wat kommersiële tandepasta kan vervang. Tandepasta is nie bedoel om ingesluk te word nie, as gevolg van die fluoriedinhoud daarvan, maar is gewoonlik nie skadelik indien per ongeluk ingesluk word in klein hoeveelhede nie. 'n Mens moet egter mediese hulp bekom indien abnormale groot hoeveelhede ingesluk is.[2]

  1. American Dental Association Description of Toothpastehttp://www.ada.org/1322.aspx.
  2. http://www.nlm.nih.gov/medlineplus/ency/article/002745.htm.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search